Word deel van die Aksiespan

Word deel van die Aksiespan

VIND Jou ROL in jou kerk

Die Magaliesberg Gesinskerk Aksiespan bied jou die geleentheid om as gestuurde vir God ‘n rolspeler in die uitbou van Sy Koninkryk te word. Daar is ‘n plek vir jou in die span!

Ons Aksiespan is ‘n groep toegewyde mense wat hul gawes en passies ontdek het en hulle aktief gebruik.

Die AKSIEspan is diegene wat:

  • ‘n Gemaklike omgewing vir al ons gaste skep;
  • Die volgende geslag na Jesus lei deur  ‘n pad van lering en aanbidding saam met ons kinders en jongmense te loop;
  • ‘n Dinamiese ervaring in ons aanbiddingsdienste skep; en
  • Aanbiddingsgeleenthede, kleingroepe, uitreike en meer loots en lei!

Hoe wonderlik klink op die berge die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede aankondig, wat die goeie tyding bring, wat redding aankondig, wat vir Sion sê: “Jou God is Koning!” ‘

JESAJA 52:7

Daar is ‘n plek vir jou IN die span

By Magaliesberg Gesinskerk is een van ons doelwitte om jou te help om gemeenskap met mede-gelowiges te ervaar. Die Aksiespan is net dit – ‘n gemeenskap van mense wat rondom ‘n gemeenskaplike doel bymekaarkom: om diensbaar te wees volgens hoe God hulle geskape het! God het ‘n doel vir jou lewe, en ons wil jou help om jou gawes te ontdek en hulle in aksie te stel.

Posisies IN die span

Hier is ‘n oorsig van die verskillende bedieningsgebiede waarby jy betrokke kan wees!

GEDEDSKRING
Kom sluit gerus Sondae voor die Buffelspoortdiens by ons gebedskring aan, waar ons die leraars, gemeentelede en uitreike aan die Here opdra.
groepe

As leier van ‘n kleingroep, het jy die geleentheid om op ‘n dieper vlak met ander ‘n pad te loop. Dit skep ook die geleentheid om jou passies en gawes verder te ontwikkel.

Ons het verskillende bedieningsgroepe by die Magaliesberg Gesinskerk, insluitende Vrouediens, Vat 5 bediening, Jeugbediening, Seniors!